Kontak Netwerk by admin@netwerk-na.org of 081 7561160 om enige van die volgende te koop:

LAND ONDER WOORDE - Saamgestel deur CHRISNA BEUKE-MUIR

Die bundel bevat die kreatiewe werk van die Namibiese aspirantdigters en -skrywers wat verlede jaar ywerig tot ’n verruiming van die Namibiese woordkuns bygedra het.

Die bundel is keurig saamgestel deur dr. Chrisna Beuke-Muir, medestigter en voorsitter van Windhoek Woordfees. Knap aangebied in afdelings, gee sy ’n oorsig van die onderskeie digvorme soos die haikoe en senrye, rymende verse, die sonnet, die pantoen, limerieke en die vrye vers. Dit maak van die bundel ‘n handige werktuig in die hand van Afrikaansonderwysers en –dosente.

N$200-00

 

KAALVOET IN DIE REëN EN ANDER VERSE VIR KINDERS - ANDREE-JEANNE TöTEMEYER

Die bundel “Kaalvoet in die reën en ander verse vir kinders” deur Andree-Jeanne Tὃtemeyer, is gerig op volwassenes wat betrokke is by kinders soos ouers, grootouers, opvoeders, kleuterskool-, pre-primệre skool- en laerskoolonderwysers. Dit is geskik vir voorlees aan jong kinders, vir die onderrig van en voordrag vir skoolgaande laerskoolkinders en vir selflees deur kinders van 10 tot 12 jaar oud.

N$200-00

INSPIRING PARENTS CREATING CHAMPIONS IN SPORT AND LIFE - HENNING GERICKE

As  welbekende sportsielkundige en motiveringsafrigter, deel Henning Gericke waardevolle beginsels oor hoe om jou kinders te help om hul drome te ontwikkel, hulle te bemagtig met die geestelike vaardighede en veerkragtigheid om dit te bereik, asook om die wengewoontes te vestig wat noodsaaklik is vir ‘n kampioeningesteldheid.

N$300-00

DIE GEMSBOK MET DIE OORBEL - JURIE VILJOEN

Die jonger generasie wonder dalk wat het ons gemaak sonder TV en selfone.  Hoe maak 'n mens seep of brei rieme of hoekom is dit belangrik dat die oorbel aan die gemsbok is?

“Die Gemsbok met die Oorbel” is ʼn samestelling van eg-Namibiese verhaaltjies van voor die “elektroniese” era waarby alle generasies aanslag sal vind.

N$100-00

DIE PAD NA SELFBESTUUR, ANDERKANT DIE MISLUKKING VAN STAATSBESTUUR - FLIP BUYS

Buys bied ’n uitvoerige diagnose van die stand van staatsbestuur in die nuwe Suid-Afrika. Die bekende gebreke soos onbeholpenheid, verkwisting, nepotisme en korrupsie word uitgewys. Afrikaners is natuurlik nie die enigste slagoffers nie, maar hulle het ook te make met die regeerders se onsimpatieke en selfs vyandige houding teenoor dié gemeenskap se belange.

N$350-00

DIE AFRIKANERS DVD-REEKS – HERMANN GILIOMEE

Hermann Giliomee is die aanbieder van die 26-episode kykNET-reeks Die Afrikaners in beeld. Giliomee is internasionaal gerekend as dié kenner oor die geskiedenis van Afrikaners, en hierdie reeks span die kroon op sy lewenslange werk.
N$450-00

 

 

 

DIE AFRIKANERS (2018-UITGAWE) – HERMANN GILIOMEE

Hermann Giliomee is die aanbieder van die 26-episode kykNET-reeks Die Afrikaners in beeld, in samehang warmee dié boek gepubliseer word. Giliomee is internasionaal gerekend as dié kenner oor die geskiedenis van Afrikaners, en hierdie boek span die kroon op sy lewenslange werk.
N$300-00

 

 

DIE AFRIKANERS – ‘N BIOGRAFIE – HERMANN GILIOMEE 

Internasionaal-bekende historikus prof. Hermann Giliomee dek die geskiedenis van die Afrikaners in 'n hoogs leesbare narratief. Hy verken verskeie omstrede kwessies - die redes vir hul opgee van mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet, en hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma. Ook beskikbaar in Engels.

N$560-00

FAK SANGBUNDEL – VOL. 2

Ses verskillende musiekkategorieë is in die FAK Sangbundel volume II ingesluit om sodoende die volle spektrum van Afrikaanse musiek te dek. Dit is gemik op die volgende generasie van musiekliefhebbers en bevat net musiek wat in die afgelope sowat 35 jaar uitgereik is. (Dus vorm geen liedjies van die vorige bundel deel van dié versameling liedjies nie.)

N$450-00

SUIDWES-AFRIKA NA NAMIBIË – ‘N POLITIEKE BOSOORLOG – JWF (KOOS) PRETORIUS 

Pretorius se boek, ‘n Politieke Bosoorlog, fokus op 2 persone, Pik Botha, toe Suid-Afrikaanse minister van Buitelandse Sake en Dirk Mudge, voorheen Voorsitter van die DTA. Die voorloper na Onafhanklikheid beskryf die oorsprong, geskiedenis en beleid van die politieke partye wat deel gevorm het van die eerste parlementêre en nasionale verkiesings in 1989, en dek ook die verskeie beleidsrigtings wat gelei het tot die Onafhanklikheid van Namibië.
N$250-00